Angeline
Interessante dinge oor tale In my opinie: Dit is interessant en fasineerend om nuwe tale aan te leer, maar om uit 'n handboek te leer soos 'n papagaai is niks lekker nie. Om werklik 'n taal te vat en die meeste daaruit te kry moet 'n mens met 'n volkstong praat (spreektaal gebruik). Ek het onlangs eers geleer hoe belangrik dit is vir 'n natuurlike voel. Probeer soveel moontlik spreektaal gebruik wanneer dit jou belangstelling is om 'n taal net te kan praat. Skryf, lees en formele gebruik kan meer styf en beheerd wees. Veral met tale soos afrikaans is dit maklik om snobisties en aansitterig te klink wanneer daar nie 'n natuurlike vloei van gemaklike woorde is nie en jong mense is maar vinnig op hul perdjies as hulle vermoed iemand dink dat hy of sy beter is as jy. Voel vry om te vra as jy nie weet nie. Daar is 'n spreekwoord in afrikaans wat sê: "Vra is vry en weier daarby." hahaha moenie bekommer nie, niemand behoort te weier nie, ons is mos almal hier om mekaar te help of hoe? Ek hoop almal het werklik 'n baie mooi en geseënde dag. Tata.
Dec 18, 2012 2:38 PM
Corrections · 2
Nee Freek, van al die mense wat my al gevra het vir hulp en wie ek gehelp het met Afrikaans is jy die beste. Jy is 'n natural, jy tel dit so maklik en vining op jy verbaas my. Ek het al meer male met jou Afrikaans gespog by mense as hulle met die storie kom van ons taal is besig om dood te gaan.
April 30, 2014
Dis baie nuttig, ek dink. Die eerste ding waaraan ek dink is ek moet baie van die taal hou. Maar die tweede ding, interessant, is genoeg materiaal om aan te leer. As daar net 'n handboek is vir Afrikaanseleerders, glo ek nie dat ek nog Afrikaans betreklik goed kan praat nie.
December 31, 2012
Want to progress faster?
Join this learning community and try out free exercises!