afrikaans en nederlands is baie gelykswitig, tog is daar baie verskille. die grammatika verskil baie.
ons vervoeg werkwoorde meer as in die afrikaans. in die afrikaans is die infinitief ook die teenwoordige tyd.
ons sê in die nederlands "te lopen - ik loop", in die afrikaans sê julle 'te loop - ek loop'. ook gebruik julle die onvoltooid verlede tyd baie weinig. as ons sê in die nederlands 'ik dans - ik danste' sê julle 'ek dans - ek het gedans'. ons het ook die voltooid verlede tyd soos ek het geloop (in die nederlands is dit 'ik heb gelopen') maar julle gebruik dit meer as ons. ook het julle slegs 1 lidwoord, ons het twee. julle het ook baie minder onregelmatige werkwoorde. ook die spelling is baie anders. as julle skryf 'skryf' skryf ons 'schrijf'. skool -- school. schoen skoen. as ons skryf 'n 'ch' na 'n 's' in die begin van 'n woord is dat by julle 'n k, as ons ergens anders in die woord 'n 'ch' skryf is dit by julle 'n g soos slegs -- slechts of lug -- lucht. ook as ons 'n 'ij' skryf wat uitgespreek word as 'n 'ei' is dit by julle 'n y. as die 'ij' uitgespreek word as 'n sjwa is dit by julle 'n i, soos in moeilik. natuurlyk syn er baie meer verskille maar as ek alles daarover sou skryf, sou ek 'n boek skryf.
Share: