languagepotato
die verskille tussen afrikaans en nederlands afrikaans en nederlands is baie gelykswitig, tog is daar baie verskille. die grammatika verskil baie. ons vervoeg werkwoorde meer as in die afrikaans. in die afrikaans is die infinitief ook die teenwoordige tyd. ons sê in die nederlands "te lopen - ik loop", in die afrikaans sê julle 'te loop - ek loop'. ook gebruik julle die onvoltooid verlede tyd baie weinig. as ons sê in die nederlands 'ik dans - ik danste' sê julle 'ek dans - ek het gedans'. ons het ook die voltooid verlede tyd soos ek het geloop (in die nederlands is dit 'ik heb gelopen') maar julle gebruik dit meer as ons. ook het julle slegs 1 lidwoord, ons het twee. julle het ook baie minder onregelmatige werkwoorde. ook die spelling is baie anders. as julle skryf 'skryf' skryf ons 'schrijf'. skool -- school. schoen skoen. as ons skryf 'n 'ch' na 'n 's' in die begin van 'n woord is dat by julle 'n k, as ons ergens anders in die woord 'n 'ch' skryf is dit by julle 'n g soos slegs -- slechts of lug -- lucht. ook as ons 'n 'ij' skryf wat uitgespreek word as 'n 'ei' is dit by julle 'n y. as die 'ij' uitgespreek word as 'n sjwa is dit by julle 'n i, soos in moeilik. natuurlyk syn er baie meer verskille maar as ek alles daarover sou skryf, sou ek 'n boek skryf.
Mar 19, 2013 8:40 PM
Corrections · 3

Die verskille tussen Afrikaans en Nederlands

Afrikaans en Nederlands is baie dieselfde, tog is daar ook baie verskille. Die grammatika verskil heelwat. Ons vervoeg werkwoorde meer as wat die geval in Afrikaans is. In Afrikaans is die infinitief ook die teenwoordige tyd. Ons sê in Nederlands "te lopen - ik loop", in Afrikaans sê julle 'te loop - ek loop' (<em>Opmerking:  'Loop' in Nederlands is dikwels ekwivalent aan die Afrikaanse 'hardloop';  terwyl die Nederlandse 'wandelen' meer ooreenstem met die Afrikaanse 'loop' of 'stap'</em>). Ook gebruik julle die onvoltooid(e) verlede tyd (baie min)/(weinig). As ons in Nederlands sê: 'ik dans - ik danste'. sê julle 'ek dans - ek het gedans'. Ons het ook die voltooid(e) verlede tyd soos 'ek het geloop' (in die nederlands is dit 'ik heb gelopen') maar julle gebruik dit meer as ons. Ook het julle slegs 1 lidwoord, ons het twee (<em>Opmerking:  beide woorde: " 'n" en "die" word in Afrikaans as lidwoorde beskou.  'Die' is die bepaalde lidwoord, en "'n" is die onbepaalde lidwoord</em>). Julle het ook baie minder onreëlmatige werkwoorde. Ook die spelling verskil grootliks. As julle skryf: 'skryf' skryf ons 'schrijf' (<em>Opmerking:  'y' is 'n taal dinosourus: dit is kontraksie tussen 'ij' wat in die skryftaal uiteindelik saamgetrek het om een letter te vorm, daarom sal jy ook dikwels vind dat 'y', of te wel 'ij' so geskryf word:'ÿ', hoewel dit 'n verouderde, of dan verouderende skryfvorm is.</em>). 'Skool - school'. 'Schoen - skoen'. As ons skryf:  'ch' na 'n 's' in die begin van 'n woord is dat by julle 'n 'k' (<em>Opmerking:  soms volg ons die Duitse uitspraak met 'n 'sch' waar dit soos 'n 'sj' uitgespreek word, bv: 'schnorkel', 'Schmidt', 'Schweppes'.</em>). As ons iewers anders in die woord 'n 'ch' skryf is dit by julle 'n 'g' soos 'slegs - slechts', of 'lug - lucht'. Ook as ons 'n 'ij' skryf wat uitgespreek word as 'n 'ei' is dit by julle 'n 'y' (<em>Opmerking:  met ander woorde, terug herleibaar na my vroeëre verduideliking van die herkoms van 'y' in Afrikaans, wat dit uiteindelik tog dieselfde maak as in Nederlands!</em>). As die 'ij' uitgespreek word as 'n sjwa (<em>Afrikaans:  'toonloos'</em>) is dit by julle 'n 'i', soos in 'moeilik' (<em>Goeie Nederlandse voorbeeld om kontras te toon?</em>). Natuurlik is daar baie meer verskille, maar as ek alles daaroor sou skryf, sou ek 'n boek moes skryf.

 

languagepotato,

Baie dankie vir so 'n pragtige (en uitdagende) stuk werk!  Dit het ek nou baie geniet!  Dit het my laat terug verlang na België waar ek vir twee jaar gebly het, en De Instituut Voor Levende Talen by die KUL waar ek 'n Nederlandse taalkursus gedoen het om my te help om my vakwetenskaplike werk beter te kan doen.

May 13, 2014
Want to progress faster?
Join this learning community and try out free exercises!