Fredrik Zhang
Die besigste tyd gaan klaar wees Die dae het ek baie dinge gedoen. Ek was te besig. Ek het alles wat nodig is voorgebrei en al die materiaal vir die visum bymekaargemaak. Vanmôre het ek met Vincent gekontaka, wat nou in die kamerwoning bly. Hy het vir my gesê dat die wifi in die kamer afgeskap is. Ek moet sê dis nou 'n baie moeilike en spesiale tydperk vir my. Maar dis ook 'n goeie tyd vir my om ander dingetjies wat kosbaarder is te doen. Ek gaan met Vincent praat oor dinge waaroor hy bekommerd is. Ek sal met hom en Bahar vergesel om die laaste tyd in die kampus te geniet, omdat ons geen tyd sal hê alhoewel ons die wil het om universiteit terug te kom nie. Maar die grootste nuus is Vincent het IELTS afgelê. Na vier maande se voorbereiding en eindelose nae waarin hy nie kon slaap nie, het hy uiteintlik die beste uitslag gekry. Dit beteken dat hy mere tyd en kans gaan kry om met Bahar te vergesel. Vir my is ek baie bly virhom en ook vir hulle. As 'n vriend van hulle wil ek regtig hê hulle moet mekaar saam wees. Ek weet niemand kan miskien verstaan wat ek hier neerskryf nie, maar dis wat ek regtig in my gedagtes dink, en wens. So weer, beste wense vir hulle.
Jun 10, 2013 5:26 AM
Corrections · 8
2

Die besigste tyd gaan klaar wees

Die dae het ek baie gedoen. Ek was te besig. Ek het alles wat nodig is voorberei en al die materiaal vir die visum bymekaargemaak.

Vanmôre het ek Vincent gekontak, wat nou in die kamerwoning bly. Hy het vir my gesê dat die wifi in die kamer afgesit is. Ek moet sê dis nou 'n baie moeilike en spesiale tydperk vir my. Maar dis ook 'n goeie tyd vir my om ander dinge wat kosbaarder is te doen. Ek gaan met Vincent praat oor dinge waaroor hy bekommerd is. Ek sal met hom en Bahar gesels om die laaste tyd in die kampus te geniet, want ons sal geen tyd hê, alhoewel ons wil, om universiteit terug te kom nie.

Maar die grootste nuus is Vincent het IELTS afgelê. Na vier maande se voorbereiding en eindelose nagte waarin hy nie kon slaap nie, het hy uiteintlik die beste uitslag gekry. Dit beteken dat hy meer tyd en kans gaan kry om met Bahar te praat. Vir my is ek baie bly vir hom en ook vir hulle. As hulle vriend wil ek regtig hê hulle moet saam wees. Ek weet niemand kan miskien verstaan wat ek hier neerskryf nie, maar dis wat ek regtig in my gedagtes dink, en wens. So weer, beste wense vir hulle.

July 24, 2013

Die besigste tyd is amper verby <em>(ek sien jy skryf in toekoms terme)</em>

Die afgelope tyd het ek heelwat gedoen. Ek was geweldig besig. Ek het al die nodige voorbereidings getref en alles wat nodig is vir my visum bymekaargemaak.

Ek het vanmôre met Vincent, wat nou in die kamerwoning bly kontak gehad. Hy het vir my gesê dat die wifi in die kamer afgeskakel is. Ek moet sê dis nou 'n baie moeilike maar besonderse tyd vir my. Dis ook 'n goeie tyd vir my om ander dingetjies wat kosbaarder is te doen. Ek gaan met Vincent praat oor die dinge wat hom pla. Ek sal hom en Bahar vergesel om die laaste tydjie op die kampus te geniet, omdat daar nie genoeg tyd sal wees om terug te kom universiteit toe nie. 

Maar die grootste nuus is, Vincent het IELTS afgelê. Na vier maande se voorbereiding en eindelose nagte waarin hy nie kon slaap nie, het hy uiteindelik baie goeie uitslae gekry. Dit beteken dat hy meer tyd beskikbaar gaan hê om Bahar te vergesel. Ek baie bly vir hom en ook vir hulle. As 'n vriend van hulle wil ek regtig graag hê hulle moet bymekaar wees. Ek weet niemand kan miskien verstaan wat ek hier skryf nie, maar dis wat regtig in my gedagtes is, en waarvoor ek wens. So, weereens my beste wense vir hulle.

 

Frédrik,

Dit klink vir my of jy 'n baie goeie vriend vir Vincent en Bahar is.  Goeie vriende is skaars deesdae.  Ek dink iets wat jou dalk sal help met jou taal ontwikkeling, is die een ding wat deesdae hoepleoos te min aandag in taal onderrig kry:  idiome (spreekwoorde).  Jy het 'n neiging na idiomatiese taalgebruik wat fantasties is.  Ek dink as jy toegang kan kry tot 'n goeie Afrikaanse Spreekwoorde handboek en jy kan dit net gewoon sit en lees, gaan Afrikaans vir jou 'n nog groter vreugde wees!

May 12, 2014

Die besigste tyd is verby

Die laaste paar dae het ek baie dinge gehad om te doen. Ek was te besig. Ek het alles wat nodig was  voorberei en al die materiaal vir die visum bymekaargemaak.

Vanmôre het ek met Vincent gepraat, wat nou in die kamerwoning bly. Hy het vir my gesê dat die wifi in die kamer afgesit is. Ek moet sê dis nou 'n baie moeilike en spesiale tydperk vir my. Maar dis ook 'n goeie tyd vir my om ander dingetjies wat kosbaarder is te doen. Ek gaan met Vincent praat oor dinge waaroor hy bekommerd is. Ek sal saam met hom en Bahar gaan om die laaste tyd op die kampus te geniet, omdat ons geen ander tyd sal hê nie.  Ons het nie die wilskrag om terug te kom universiteit toe nie.

Maar die grootste nuus is dat Vincent IELTS afgelê het. Na vier maande se voorbereiding en eindelose nagte waarin hy nie kon slaap nie, het hy uiteintlik die beste uitslag gekry. Dit beteken dat hy meer tyd sal he en ook kans sal kry om saam met Bahar te gaan. Ek is baie bly vir hom en ook vir hulle. As 'n vriend van hulle wil ek regtig hê hulle moet saam wees. Ek weet niemand kan miskien verstaan wat ek hier neerskryf nie, maar dis wat ek regtig in my gedagtes dink, en wens. So weer, beste wense vir hulle.

March 13, 2014
Want to progress faster?
Join this learning community and try out free exercises!