'n Bietjie oor die Oscar Pistorius saak
Die OP saak het nou weer begin en ons fokus almal daarop om te sien waartoe dit sal lei. Ek is 'n ondersteuner van OP en sal hom beslis ondersteun. Dit beteken egter nie dat ek dink dat hy vrygelaat moet word nie, maar as 'n ondersteuner is dit my verantwoordelikheid om hom te ondersteun, soos vele ander. Ons weet dat hy Reeva geskiet het, maar die vraag is of hy haar doelbewus geskiet het en of dit regtig per ongeluk was. As 'n moordenaar het hy die reaksie wat hy verdien gekry en die woede van die breë gemeenskap gehoor. Met soveel mense wat steeds op die Internet en buite die hof protesteer glo ek dat die publiek werklik ontsteld is oor sy daad. Hulle sê die slegste dinge teenoor hom as gevolg van sy daad, en wil sien dat hy gestraf word.
Net my eie opinie, van 'n groot ondersteuner van OP. Sterkte Ossie!
Frédrik,
Interessant, jy het 'n bekende Afrikaanse naam! Dit is goed om te hoor dat daar mense is wat 'n gabalanseerde siening van die OP saak het. Om iemand sommer te veroordeel omdat hy 'n fout gemaak het, is hartseer. Daarom was dit verfrissend om jou kommentaar te lees. Persoonlik is dit my mening dat, al word OP skuldig bevind aan moord met opset, kan ons hom as mens nooit verwerp nie. Baie sterkte met jou taalstudie! Ek sien dat jy reeds baie goeie taal beheer het. As Afrikaanssprekende is dit vir my lekker om iemand met soveel taal ywer teen te kom.