Johannes R.
Community Tutor
Hoe raak mens vlot in afrikaans?

Hallo almal,

Op die oomblik is ek eintlik redelik tevrede met my afrikaans se toestand, ek kan 'n normale gesprek voer en as ek na moedertaalsprekers luister, verstaan ek hulle gewoonlik baie goed, selfs as hulle met mekaar praat en nie direk met my nie. Maar ek wil meer :D

Dit gebeur nog te dikwels dat ek in 'n gesprek by 'n punt aankom waar ek die woord wat ek besig is om te soek nie ken nie, of weer vergeet het. In daai geval gebruik ek normaalweg 'n duitse of engelse woord, afhangende van die persoon met wie ek praat. Maar ek weet ook dat baie afrikaanse mense (veral jong afrikaanssprekendes) baie gereeld dieselfde probleem het.. Is my doel (om eendag heeltemaal vlot en suiwer afrikaans te kan praat) te ambiseus, of is dit eenvoudig 'n kwessie van tyd en oefening? 

Baie dankie :D

Apr 9, 2019 1:24 PM
Comments · 4
1

Dag Johannes

Alhoewel jou Afrikaans verseker alreeds op 'n goeie standaard is, is daar nog heelwat wat jy kan doen om meer suiwer, meer vlot en 'n beter akademiese Afrikaans te kan praat.  Jy sal dit maklik kan bemeester met oefening.  Heelparty mense dink dat, sodra hulle oor die algemeen 'n nuwe taal bemeester het, hulle nie veel meer kan of wil leer nie.  Dit is nie die geval nie. 

Jy sal beslis 'n baie beter kwaliteit Afrikaans kan praat met meer oefening in die fynere aspekte en reëls van die taal.  Dit kos soms meer tyd, oefening en moeite om te groei van "Goeie Afrikaans" na "Puik" of "Uitstekende" Afrikaans, .as wat dit kos om van "Beninner" na "Goeie Spreker" te vorder.

Laat weet gerus indien jy jou taalgebruik wil verskerp met  'n hoër vlak van blootstelling en analise.

Groetnis,

Liesl

<o:p></o:p>

April 27, 2019
1
Hi Johannes. Jou Afrikaans is fantasies. Dis bloot net ñ kwessie van woordeskat bemeester voor jy ten volle vlot Afrikaans praat. Jou begrip van struktuur en grammatika is reeds uitstekend. Hou so vol. Ek is erg beïndruk. 
April 21, 2019
1

Hello Johan, lekker om te sien daar is nog iemand wat Afrikaans praat en meer wil leer.

As jy verder hulp nodig het sal ek bly wees om te help.

Sterte, Charly.

April 9, 2019
Baie dankie, Anton!
April 21, 2019