Yair
'N paar vrae oor Afrikaans Hey vriende, Hier is vandag se vrae: 1. "hy durf haar nie help nie" "hy durf nie huis toe te gaan nie" Waarom is daar geen "te" in die eerste sin nie, maar wel in die tweede sin? Is ""hy durf nie huis toe gaan nie" ook juis? 2. "hy hou aan lawaai maak" = "hy bly lawaai aan die maak"? 3. "Dankie vir die bel" "die bel" = "die oproep"? 4. Gedurende 'n oproep oor die foon (uit my teksboek): "Hou net aan, Annetjie. Ek het pas iemand hoor aankom." (sy wil ophang om die deur oop te maak) Kan en ook sê: "Hou net aan, Annetjie. Ek het so net iemand hoor aankom." Is die betekenis van die twee sinne einste? 5. Besoeker = kuiergas? Baie dankie, Yair
Nov 27, 2017 8:40 AM
Answers · 3
1. Ja, jy kan "hy durf nie huis toe gaan nie" ook sê. Die "te" in die tweede sin impliseer 'n infinitief: Hy durf nie (om) huis toe te gaan nie. Ek kan nie presies sê hoekom daar in die eerste sin nie 'n "te" is nie... 2. Nee, net die eerste sin is reg. Die tweede sin maak nie sin nie. 3. Einste. 4. Nee, "Ek het so net iemand hoor aankom" maak nie sin nie. Jy kan wel sê: Ek het sopas/ nou net iemand hoor aankom. 5. Nee, omdat 'n "besoeker" is meer (sou ek sê) iemand wat vinnig kom en dan gaan wat nie heeltemal wil kuier nie (dit kan 'n onaangename besoem wees).
November 27, 2017
Still haven’t found your answers?
Write down your questions and let the native speakers help you!