Yair
'N paar vrae oor Afrikaans Hey vriende, Ek het vandag weer 'n paar nuwe vrae: 1. is die volgende sin juis: "hy is toegelaat om weer te werk gewees"? en die sin " hy is toegelaat gewees om weer te werk"? 2. “hy durf haar nie help nie" OF “hy durf haar nie te help nie”? 3. “ek sal jou help skottelgoed was” OF “ek sal jou help skottelgoed te was” OF “ek sal jou help om skottelgoed te was” ? 4. wat is die verskil tussen "liefling" en "gunsteling"? 5. “-Gaan haal asseblief vir my die skêr -Die grote of die kleintjie ? -Die grote skêr, asseblief -Ek kry net die klein skêr” wat beteken “kry” in hierdie konteks? “to find”??? as dit “to find” is, wat is dan die verskil tussen “kry” en “vind”? Baie dankie, Yair
2017년 11월 24일 오후 4:55
답변 · 4
1. "Gewees" is onnodig in die sin, want "toegelaat" verander nie in die teenwoordige- of verlede tyd nie, daar word net 'n "is/ was" voorgeplaas. Dus, is die sin liewer: Hy is/ was toegelaat om weer te werk. 2. Hy durf haar nie help nie. 3. Ek sal jou help skottelgoed was. Ek sal jou help om skottelgoed te was. 4. "Liefling" is n troetelnaam tussen 'n man en vrou: Jy is my liefling. > You are my love. "Gunsteling" beteken "favourite": Wat is jou gunsteling taal? 5. *Die groot skêr, asseblief. Ja, in hierdie konteks beteken dit "find": I can only find the small pair of scissors. "Vind" en "kry" kan as sinonieme gebruik word.
2017년 11월 24일
아직도 답을 찾지 못하셨나요?
질문을 남겨보세요. 원어민이 도움을 줄 수 있을 거예요!