Community Web Version Now Available
Johannes
Community Tutor
Mooie, suiwer afrikaanse woorde
Hallo! Ek is 'n baie passievolle afrikaansleerder en ek streef daarna, die suiwerste moontlike vorm van Afrikaans te praat. Daarom is ek altyd opsoek na dié ou afrikaanse woorde wat deur die oorweldigende meerderheid van die huidige afrikaanssprekendes deur engelse woorde vervang word. Dit is hoekom ek graag die afrikaanse gemeenskap hier op italki wil vra watter mooi afrikaanse woorde julle ken. Dit maak nie saak as hulle 'n bietjie snaaks klink nie, miskien maak dit hulle vir my selfs nóg interessanter. Dit kan enige woord of sin wees wat normaalweg in 'n moderne afrikaanse gesprek dalk nie sou verskyn nie, of wat deur 'n anglisisme vervang sou word. Hier is 'n voorbeeld van 'n mooi afrikaanse sin soos dié wat ek soek:
Die krisis, wat onlangs deur die verskyning van die koronavirus veroorsaak is, het as 'n geleentheid vir die toenemende opkoms van samesweringsteorieë gedien.
Dit is my eie voorbeeld, enige kritiek sal waardeer word :)
May 21, 2020 10:45 PM
0
0
Comments · 0
No comments yet
Johannes
Language Skills
Afrikaans, Chinese (Mandarin), Dutch, English, French, German, Italian, Portuguese, Spanish
Learning Language
Afrikaans, Chinese (Mandarin), Dutch, French, Italian, Portuguese, Spanish